I’M THE PERSON BEHIND THE CAMERA
Ons bly op 'n plaas in die Merweville - distrik in die hartjie van die Karoo. Ek is 'n spontane, vriendelike, positiewe en opbouende persoon. n Boervrou in Murg en been (soos hul sal sê)
Ons boer met Angora bokke en Afrino Skape. Ons gesin doen als saam tussen deur die tuisskool en ons leef vir die natuur en ons diere. Elkeen het sy eie verpligtinge op die plaas van die oudste tot die jongste.
Met die jare lange droogte (10 jaar) wat ons in die Karoo beleef, moes ek iets ekstra begin doen om die finansies te help aanvul vir ekstra voer vir die diere.
Ek kon net eenvoudig nie meer toesien hoe my man stukkie vir stukkie wegbreek soos die omstandighede hom aanhou kou nie. En boonop die geblêr van 'n ooi by die tuinhekkie van soggens vroeg tot saans laat opsoek na ekstra voeding wat daar met tye nie is nie.
Al die omstandighede het my gedruk om my klein dogtertjie droom 'n werklikheid te maak. Want die Here sê: " Ek sal jou altyd deur lei, selfs in die dor streke sal Ek jou voorsien van al jou behoeftes. Ek sal jou sterk maak." Jesaja 58:11
En daar begin my Fotografie besigheid in 2017 en ek dank onse Vader elke dag vir al die werk wat Hy op my pad plaas.
Alhoewel ons area reën gehad het November 2021 is die droogte nog nie oor nie. Ons is geweldig dankbaar vir elke druppel water en vir elke groen blaartjie wat sy verskyning kon maak, want dit als bring nuwe hoop vir ons as boere maar ook vir die diere.
Maar saam met die vreugde en spontane gebede van dankbaarheid is daar ook ander uitdagings wat ons weer op ons knieë hou soos springkane wat die plante vreet en gifplante wat die diere vreet.
"Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontstaan, en Ek sal jul woestyngebied in rietvleie verander" Jesaja 41:18
My fotografie is ons reën van seeninge uit God se hand.
What make me Special
Ek is beslis 'n "in die oomblik" fotograaf en maak altyd seker dat ek elke kosbare oomblik vasvang tussen geliefdes en dat die oomblikke 'n storie vertel.
Ek doen wat ek doen vir die absolute passie en liefde vir fotografie want vir my is dit so besonders en maak my so opgewonde om natuurlike, elegante en tydlose "memories" vas te vang.
Ek en my man is 'n gedugte span en werk baie goed saam.
Ek bou my besigheid op die bybel vers Psalm 119:105
"U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."
Want dit is net deur God se genade en liefde dat my besigheid 'n sukses is. Alle eer aan ons Allerhoogste.
Bespreek vandag jou fotosessie of jou besigheid sin by Karoo Nooi Photography of laat doen jou uitnodigings of logo by Karoo Nooi Designs.
Op so n wyse ontvang jy iets maar maak ook 'n donasie teenoor ons Boerdery.
Ons reis deur die hele WESKAAP, KAROO, TUINROETE en OVERBERG areas.
"Photography is like poetry. There are so many stories and meanings one picture can portray."
says - Jane doe







